Midde-Oosterse geure laat my mond water, sê Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus. “My gesin is mal daaroor om aan dié happies te peusel voor ’n braai.” In die video gee sy Eskort se mini-varkfrikkadelle ’n Turkse geur en sit dit voor in ’n tortilla.



Sous

• Verhit die olie in ’n kastrol en braai die komynsade tot geurig. 
• Voeg die tamaties, tamatiepasta, olywe en origanum by en verhit sowat 5 min. Geur met die sout en peper en verwyder van die hitte. 

Frikkadelle

• Rol die frikkadelle in die koekmeelmengsel en braai in ’n bietjie olie tot bruin. Haal uit die pan.   

• Ryg 3 frikkadelle aan elke stokkie. 

Vir voorsit

• Verhit die tortillas in ’n warm kastrol of in die mikrogolfoond tot net warm en buigbaar.
• Sit die frikkadelkebabs voor saam met die tamatiesous en jogurt in warm tortillas met suurlemoenwiggies.