Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n groot pan wat in die oond kan gaan goed met kossproei.

  • Sny die bo- en onderkant van die botter­skorsie af. Halveer die botterskorsie en skep die pitte uit. Hou eenkant tot benodig.
  • Rasper die botterskorsie, skil en al, in ’n groot mengbak. Voeg die mielies, eier, meel en brand­rissies by. Meng baie goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Smelt die botter in die pan en haal van die hitte af. Skep die botterskorsiemengsel in die pan, maak rofweg gelyk bo-op en bak 45 min. of tot gaar en gestol.
  • Pitte: Meng die botter­skorsiepitte en die res van die bestanddele in ’n ander pan en roerbraai 3-5 min. of tot die pitte begin bros raak.
  • Vir afronding: Skep die jogurt op die botter­skorsiegebak en sprinkel die pitte, koljander en brandrissie oor. Sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!