• Sous: Smelt die botter en wyn in ’n klein kastrol. Voeg die res van die bestanddele by, geur goed met die sout en peper en laat 5 min. stadig prut.
  • Vis: Bedek die een kant van ’n toeklaprooster met tinfoelie en bespuit goed met kossproei.
  • Plaas die vis met die velkant na die foelie op die rooster en knyp toe. Braai met die foeliekant na onder oor matige kole tot amper gaar. Smeer intussen gereeld van die sousie oor die vleiskant van die vis. Draai die vis eers teen die einde, ná 15 min., om sodat die vleiskant ook ’n beurt op die kole kan kry. Braai tot net effens geskroei aan die vleiskant.
  • Sit die vis voor saam met ekstra suurlemoene.
Wenk
Maak so in die oond gaar: Voorverhit die oond tot 190 °C. Plaas die vis met die velkant na onder op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer die sous mildelik oor. Oondbraai sowat 15-20 min. Skakel die rooster­element aan en rooster tot net bruin bo-op.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!