Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n 20 cm-­tertpan goed met kossproei.

  • Kaaskors: Verwerk die meel, sout, botter, kaas en rooipeper in ’n voedselverwerker tot fyn broodkrummels.
  • Klits die eiergeel, suur­lemoensap en yswater saam en voeg deur die tuit by. Verwerk tot die deeg net begin bind. Verwyder uit die bak en druk saam. Verkoel 15 min. 
  • Rol die deeg 3 mm dik uit en voer die tertpan daarmee uit. Verkoel 10 min. 
  • Voer uit met bakpapier en vul met bone. Bak 10 min. of tot gaar maar nie bruin nie. Laat afkoel.
  • Vulsel: Pak die pere in die gebakte kors, stip met die bloukaas en sprinkel die roosmaryn bo-oor. 6 Sprinkel die olie en heuning oor en bak 30 min. of tot die pere sag en die kaas gesmelt is. Besprinkel met die soutvlokkies. Sit louwarm voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!