Bespuit 6 ramekins met kossproei. Sit ’n teedoek in ’n groot oondbak.

  • Rooibosvla: Giet die melk in ’n kastrol en verhit tot net onder kookpunt – die melk moet op die oppervlak begin stoom. Haal van die hitte af.
  • Klits die suiker, sout, meel en eiergele saam in ’n mengbak. Giet die melk bietjies-bietjies by die suikermengsel terwyl jy aanhoudend klits. Giet die hele mengsel terug in die kastrol.
  • Voeg die teesakkies by en roer aanhoudend oor lae hitte tot die mengsel begin verdik en die agterkant van die lepel bedek – die mengsel moenie kook nie.
  • Giet die mengsel in ’n skoon bak en laat in die yskas afkoel. Haal die teesakkies uit.
  • Karamel: Voorverhit die oond tot 160 °C. Sit die suiker en water saam in ’n kastrol en verhit tot gesmelt. Moenie die suiker roer nie; skud net die kastrol liggies indien die suiker te vinnig verkleur. Verhit verder tot die suiker goudkleurig is. Drup van die karamel in elke ramekin.
  • Verdeel die vla russen die ramekins en pak in die oondbak. Maak die oondbak halfvol met kookwater.
  • Bak 30 min. of tot die vla gestol is, maar nog nie heeltemal geset is in die middel nie. Haal die poedings uit die bak en laat verder in die yskas verkoel tot heeltemal geset.
  • Vir afronding: Sprinkel fyn kaneel oor die poedings indien verkies, en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.