• Kap die groente in kleiner stukkies, indien nodig. Plaas die groente en uieringe in ’n vergiettes en spoel af.
  • Geur die meel met die sout en peper. Rol die groente in die meel en skud liggies.
  • Krummel: Meng die polenta en kaas in ’n vlak bakkie.
  • Rol die groente in die eier en dan in die polentamengsel – maak seker die groente is goed met die krummel bedek. Pak die groente op ’n bord, bedek en verkoel minstens 30 min.
  • Slaaisous: Plaas al die bestanddele in ’n groot beker en verwerk met ’n staafmenger tot fyn.
  • Afronding: Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai, en braai die groente in sarsies tot bros en liggies verbruin. Geur met die seesout. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met die slaaisous.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!