Dié muffins smaak nie net lekker nie; dit bevat heelwat minder suiker, vet en meel, en die smere is voedsamer. Avokado en maaskaas word as smeergoed ingespan, en vrugte verskaf die meeste soetigheid. Die muffins is ook propvol gesonde semels.

HAWERMOUT-EN-GRONDBOONTJIEMUFFINS

Grondboontjiebotter sonder suiker vorm die vet vir dié heerlike hawermoutmuffins waarin dadels die meeste van die nodige soetigheid verskaf.

Foto's: Jacques Stander

SPEK-EN-EIER-MUFFINS

Die ideale muffin vir wanneer jy ontbyt verpas het. Groente, proteïen en kool­hidrate, alles saam in ’n muffin. Dit bevat geen meel nie, maar wel bruinrys. Ek verkies om rugspek, wat heelwat minder vet as repiespek het, te gebruik.

SPINASIEMUFFINS

As jy nog altyd gesukkel het om groenigheid in jou kinders se lyf te kry, bied dié muffins, wat jy sommerso sonder ietsie ekstras kan geniet, die oplossing. Die muffins is lekker groot, maar jy kan kleineres ook bak.

SEMELMUFFINS

Baie semels, droëvrugte, sade en pitte vorm die grondslag van dié heerlike muffins wat betreklik min suiker en olie bevat. 

WORTELKOEKMUFFINS

 ’n Lekker klam muffin waar vrugte pleks van suiker sorg vir die meeste van die soetigheid. Dis propvol vesel en bevat ook min vet. Wat my betref, kan gewone wortelkoek nou maar opsy-staan.