• Verhit die olie in ’n groot kastrol en smoor die uie, gemmer, knoffel en speserye tot die uie verbruin. Voeg ’n bietjie water by, geur met die sout en peper en laat prut 15 min. 
  • Voeg die hoender by. Stel die hitte laer, plaas die deksel op en laat prut 10 min.
  • Voeg die rys en lensies by en roer deur. Voeg ’n paar skeppies botter by en bedek met bakpapier om die vog in die kastrol te hou. Plaas die deksel op en laat prut 5 min. oor ’n baie lae hitte. Moenie roer nie. Rond af met die koljander en sit dadelik voor. 
Wenk
Koop voorafgemengde brijanispeserye vir ekstra gerief.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!