Voorverhit die oond tot 230 °C. Plaas ’n omgekeerde bakplaat in die oond om goed warm te word.

  • Kors: Plaas die meel, suiker, sout en gis in die bak van ’n voedselverwerker. Giet die water deur die tuit en verwerk 7-10 min. goed tot die deeg in ’n bal om die lem vassit. (Die deeg is effens klewerig.) 
  • Haal uit die bak, vorm in ’n bol, bedek en laat rys tot dubbelgrootte.
  • Verdeel die deeg in 4 balle. Rol elke deegbal so dun moontlik op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
  • Strooi die mieliemeel oor die warm bakplaat, pak van die basisse bo-op en plaas die plaat so na moontlik aan die onderste element. Bak 5-7 min. tot gaar maar nie bruin nie. 
  • Tamatiesous: Plaas al die bestanddele in ’n glasbak en mikrogolf 10 min. op hoog tot die sous nie meer waterig is nie. Roer af en toe.
  • Smeer ’n dun lagie sous oor elke basis. 
  • Bolaag: Skakel die roosterelement van die oond aan. Besprinkel elke pizza­basis ruimskoots met die mozzarella, pak die kersietamaties en olywe op en rooster tot die kaas gesmelt is.
  • Afronding: Pak die avokado op die pizza en stapel die prosciutto, bocconcini en roketblare bo-op. Rond af met die vars kruie.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!