Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Sit die botter, strooisuiker en gouestroop saam in ’n kastrolletjie. Verhit en roer aanhoudend met ’n houtlepel tot die suiker heeltemal gesmelt is.
  • Voeg die res van die bestanddele by en roer tot ’n gladde beslag vorm. Haal die kastrol van die hitte af.
  • Skep 30 ml (2 e) van die beslag op die bakplaat en smeer met ’n paletmes in ’n sirkel. Smeer nog sirkels met die beslag op die bakplaat.
  • Bak 7-10 min. in die oond of tot die beslag goudbruin is.
  • Sodra die deeg uit die oond kom, laat 1 min. afkoel en lig dan versigtig een van die sirkels met ’n paletmes op. Draai in ’n silinder om ’n vorm (sien wenk hierbo). Herhaal met die res en laat heeltemal afkoel. 
  • Smeer nog van die ­beslag op die bakplaat en herhaal die vorige 2 stappe tot die beslag opgebruik is. Bêre die rolletjies in ’n lugdigte houer tot benodig.
  • Room: Vou die karamel en rum by die room in en skep in ’n spuitsak. Vul die rolletjies met die room en sit dadelik voor.
Wenk
Vir die rolletjies om makliker hul vorm te behou, draai die deeg om ’n 2-3 cm-silinder en laat daarop afkoel. Ons het sommer die stele van ’n paar dik houtlepels ge-bruik. Bespuit die silinders/lepels vooraf goed met kossproei.


Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.