Die sjef en stilis Caro Alberts hou van avontuur en goeie kos. In haar TV-reeks, KosKaskenades, kuier sy by Suid-Afrikaners in hul huise en kook vir hul spesiale geleenthede.

Caro Alberts
Caro het op ’n plaas in Mpumalanga grootgeword in ’n familie wat geesdriftig is oor goeie kos en produkte. Op 15 het sy vir haar eie kaartjie na Europa betaal deur beskuit te bak en aartappels vir ’n mark in Durban te verpak. Deesdae tref jy haar aan voor of agter ’n kamera besig om met kos te werk, of as aanbieder of kosdirekteur en vervaardiger. Foto: Estvan Vermeulen

Sy tower smullekker skeppings op met bestanddele in hul spense, ys-, vries- en koskaste. Met haar ewigteenwoordige koskrat en gereed­skapskis byderhand verklap sy geheime oor hoe om heerlike geregte te berei.

Caro fokus nie net op die spyskaart nie; sy span ook haar stileringsvernuf in om mooi tafeldekor te skep met items uit die gasheer se huis. 

Hier deel sy van haar gunstelingresepte uit die jongste seisoen van die reeks.

1. KERRIEHOENDER OOR DIE KOLE

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Estvan Vermeulen

2. KASERIGE MIELIEMEELHAPPIES MET SALAMI

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Sunel Haasbroek

3. BROS BABA-AARTAPPELSLAAI MET KNOFFELMAYO

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Estvan Vermeulen

4. BESTE HUMMUS-­PARTYTJIEBORD

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Estvan Vermeulen

5. PYNAPPEL-EN- QUINOA-SLAAI 

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Estvan Vermeulen

6. BLOM-FOCACCIA 

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Sunel Haasbroek

7. KOFFIEKARAMELS

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Estvan Vermeulen

8. KARAMEL-PIESANGBROODKOEKSTRUIF 

Caro Alberts,koskaskenades
Foto: Estvan Vermeulen