Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Voer ’n bakplaat met foelie uit en plaas die bete daarop. Geur met die sout, giet ’n bietjie olie oor en bak tot sag en gaar. Sny in skyfies.
  • Pak die murgbene op ’n ander bakplaat. Geur met die braaisout.
  • Verhoog die temperatuur tot 220 °C en oondrooster sowat 20 min. of tot die murg gaar en half-deurskynend is.
  • Braai die sampioene in die botter tot net gaar.
  • Plaas die brood op ’n bord, smeer van die murg oor en stapel die sam­pioene en beet bo-op. Rond af met die roketblare.
Wenk
Pleks van braaisout kan Marmite oorgesmeer word voor die murg gebak word.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!