• Verhit die olie in ’n vlak kastrol en soteer die ui en knoffel. Voeg die speserye by en roerbraai 1 min.
  • Voeg die maalvleis by en braai tot verbruin. Roer die tamatiepasta in en roerbraai 2 min.
  • Voeg die bone by. Geur met die sout en peper en laat prut nog 5 min. 
  • Vir voorsit: Verwyder die kastrol van die hitte. Strooi die tortillaskyfies oor die maalvleismengsel, sprinkel die kaas bo-oor en plaas die deksel op tot die kaas gesmelt het. Sit voor saam met die suurroom en grasuie
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!