Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Meng al die bestanddele buiten die ekstra melk en kaas tot ’n taamlik stywe deeg vorm. Verkoel 15 min.
  • Breek stukkies deeg af en rol in bolletjies van albastergrootte. Verf elkeen met ’n skeut melk en sprinkel nog ’n bietjie kaas oor. 
  • Pak op die bakplaat en bak 15 min. of tot net gaar. Sit voor as ’n happie saam met witwyn.
Wenk
Goed beleë goudakaas waarin jy selfs soms kristalletjies kan proe, pas uitstekend op ’n kaasbord.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!