Voorverhit die oond tot 140 °C.

  • Vryf die lamsblad in met die sout en peper.
  • Pak die preie en wortel op die bodem van ’n oondpan en plaas die blad bo-op. Pak die knoffelbolle langsaan.
  • Giet die wyn en aftreksel oor en pak die kruie bo-op. Maak die oondpan toe en oondbraai 3 uur tot dit murgsag is en die vleis byna van die bene afval. 
  • Verwyder die deksel, skakel die roosterelement aan en rooster tot die vleis mooi bruin bo-op is.
  • Verwyder die vleis uit die pan en plaas op ’n opdienbord.
  • Kook die sous af tot lekker geurig en tot dit effens verdik het. 
  • Vir voorsit: Sit die boud voor saam met die sous en koeskoes waarby die pietersielie en groente ingeroer is. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!