Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n paar bakplate.

  • Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout. 
  • Voeg die tahini en botter by en meng goed. Voeg die eier by en meng tot ’n deeg gevorm is. Verkoel ’n halfuur.
  • Breek stukkies deeg af en rol in ’n rolletjie wat jy effens buig om ’n halfmaan te vorm.
  • Pak op die gesmeerde bakplate en bak 15 min. tot goudbruin.
  • Laat 5 min. afkoel, verwyder van die bakplaat en rol in die versiersuiker terwyl die koekies nog warm is.6 Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!