• Marinade: Meng al die bestanddele vir die marinade en giet oor die varkblokkies net voor jy die vuur aansteek.
  • Kebabs: Marineer minstens 30 min. Ryg die vleis aan stokkies om die beurt met die ui, murgpampoentjies en soet­rissieblokkies, indien gebruik. 
  • Braai die kebabs 10-15 min. oor matige kole tot net gaar maar nie droog nie.
  • Aartappels: Vryf die aartappels met die olie in, sprinkel die sout oor en draai in tinfoelie toe. Krap van die kole uit en plaas die aartappels tussen die kole. Bak tot gaar. (Plaas die aartappels al tussen die kole terwyl die vleis marineer.)
  • Koolpiekel: Meng die water, asyn en suiker en roer tot die suiker opgelos is. Giet oor die kool en ui.
  • Afronding: Haal die aartappel uit die tinfoelie, sny oop maar nie regdeur nie, stip met die botter en plaas ’n kebab binne-in. Skep van die koolpiekel bo-op, rond af met die koljanderblare en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!