• Geur die filette met die sout en peper. Meng die mosterd met ’n bietjie olie en smeer aan albei kante van die filette.
  • Maak ’n gietysterpan rookwarm en braai die filette aan een kant tot die vleis van die pan loskom. Draai om en braai 3-5 min. aan die ander kant.
  • Laat 10 min. rus en sny in papierdun skyfies.
  • Sous: Meng al die bestanddele en giet in ’n bakkie.
  • Vir voorsit: Plaas die bakkie met sous op ’n bord en pak die skyfies vleis langsaan. Doop die vleis in die sous en geniet as voorgereghappie.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!