Julia Samuel (60), die klein prins se peetma, het onlangs vertel oor die spesiale band wat sy met prins William en Kate Middleton se oudste het, en oor hoe haar band met hom “’n wonderlike manier” is om liefde aan prinses Diana te betoon.
Julia, ’n sielkundige wat in Londen woon, het hegte vriende geraak met Diana nadat hulle mekaar in 1987 vir die eerste keer ontmoet het. Hulle het vriende gebly tot Diana se dood 10 jaar later.
Dié twee het destyds tydens ’n dinee langs mekaar gesit en vinnig hegte vriende geraak. “Ons het iets in mekaar gesien,” het sy al vertel. “Ek voel gelukkig dat ek en Diana sulke goeie vriende was . . . en om George lief te hê, is ’n wonderlike manier om haar ook lief te hê,” het sy aan The Observer Magazine vertel.