1. Dié Kapenaar is vreeslik talentvol.
Rushney (31) is ’n danseres en aktrise én sy sing.
Sy en Emo Adams, die skepper van die reeks, loop al ’n lang pad saam. Rushney het onder meer die produksie en choreografie gedoen vir Emo en sy sangerbroer, Loukmaan Adams, se trefferproduksie Brother Love 2, en sy’t ook verlede jaar die top-10-konsert van Maak my famous gechoreografeer.