In die afgelope dekade het hulle die ouers geword van drie woelwaters, George (8), Charlotte (6) en Louis (4).
Albei word ook vanjaar 40 – Kate het in Januarie dié mylpaalverjaardag gevier en in Junie is dit haar man, William, se beurt. Die egpaar gaan net van krag tot krag, as span en individue. Hier gee ons ’n terugblik van die egpaar in die afgelope dekade.
Benewens 2020 en 2021 toe die covid-19-pandemie op sy ergste was, het William en Kate hulself die afgelope paar jaar baie besig gehou met toere reg oor Brittanje en die res van die wêreld.