“Ek het dit in my broer, Laurenzo, se ateljee op my tuisdorp, Atlantis, geskryf,” vertel Sasha-Lee.
Die snit is geïnspireer deur ’n tyd in haar lewe toe sy ietwat moedeloos en onder druk in die bedryf gevoel het. “Die enigste manier wat ek ken om beter te voel is deur musiek en liedjieskryf. Ek het alles begin neerskryf wat ek gevoel het en ’n melodie bygesit.”
Die boodskap van die liedjie is om die lewe met ’n bietjie meer liefde en vriendelikheid te benader sodat ons ’n beter wêreld kan skep en daarin leef.
Dis een van vele wat sy tydens die inperking geskryf het. Sasha-Lee het ook onlangs haar eerste virtuele vertoning gehad en sê sy mis dit om voor ’n lewendige gehoor op te tree.