Jy sal boonop by ’n kat-en-muis-speletjie betrek word waar ’n groep speletjie-ontwikkelaars vinnig besef oorlewing is nie net ’n spel nie.
Dít is wat Suid-Afrikaners van die nuwe Showmax-rillerreeks Pulse kan verwag wat op 23 Junie sy debuut op dié stroomdiens maak.
Dié reeks van ses episodes vertel die storie van ’n elektromagnetiese polsbom wat die elektriese stroombaan in die speletjie-ontwikkelaars se kantoorgebou verskroei. En boonop verloor mense in die kantoor hul gesonde verstand.