’n Mens sou dink dis onmoontlik om hom met iemand anders te verwar.
Daardie rooi hare en dikwels ook welige rooi baard is maar net twee van sy unieke kenmerke: Daar’s ook die fletsblou oë, gemaklike manlikheid en mond wat net so effentjies glimlag – ’n bietjie geamuseer, maar ook stilweg vasbeslote.
En tog draai die koppe soms om ’n ander rede.