Om ’n miskraam te hê was nog altyd haar grootste vrees. Só het die aktrise Simoné Pretorius die baie hartseer nuus Donderdag in ’n roerende Instagram-plasing met volgelinge gedeel.
Simoné wou dié nuus eintlik al ’n week voor Kersfees bekend maak, maar haar hart was te swaar, en sy het tyd nodig gehad om te rou, skryf sy. Sy deel nou die nuus, want haar en haar man, Andries, se harte is weer “lig”.
“Ek is die soort wat, sodra ek bewus word van swangerskap, alles gee; ek gee my hele hart. Ek droom 10, 20 jaar vooruit. Ek bou ’n huis vir die babas wat ek dra.”