As president moes dit soms vir hom gevoel het asof hy die wêreld op sy skouers dra, maar as ’n gewone, afgetrede burger geniet Barack Obama dit duidelik om te kan doen net wat hy wil.
En toe sy 60ste verjaardag vandeesmaand aangebreek het, het dit hom die ideale verskoning gegee om behoorlik uit te hang.
Die Amerikaanse oudpresident het die mylpaalverjaardag gevier met ’n partytjie wat drie volle dae geduur het op die idilliese eiland Martha’s Vineyard aan die kus van Cape Cod in Massachusetts, waar hy ’n groot eiendom besit.