book-icon Uitgawe 12 Desember 2019

Amalia Uys vanjaar 3 keer swanger in rolle: ‘Probeer die heelal iets sê?’

akkreditasie
Al is sy sedert 2016 ’n Kapenaar, bly die aktrise Amalia Uys lief vir die Noord-Kaap se ooptes. Foto: Jacques Stander
Al is sy sedert 2016 ’n Kapenaar, bly die aktrise Amalia Uys lief vir die Noord-Kaap se ooptes. Foto: Jacques Stander

Dit lyk vandag kompleet asof Amalia Uys die wêreld aan haar voete het. Ver ondertoe lê die blou see van Tafelbaai na die een kant; anderkant toe lê die woelige middestad van Kaapstad uitgestrek tot aan die voet van Tafelberg.

Ons neem foto’s op ’n kantoorgebou se dak 26 verdiepings bo die grond hier in die hartjie van die Moederstad, en die dolle gejaag doer onder is in skrille kontras met die stiltes en uitgestrekte vlaktes van Namibië waar Amalia vroeër vanjaar was vir die verfilming van Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se nuwe fliek, Vergeet my nie.

Dié buurland is ’n plek wat die rooikop-aktrise nog altyd na aan die hart gelê het; sy sê die herinnerings aan die wye ooptes is vir haar nou so helder soos ’n Namibiese sonsondergang.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees