book-icon Uitgawe 10 Februarie 2022

Angelique en Jacques Potgieter: Glanspaar se huwelik verby ná bewerings van ontrouheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bronne na aan die aktrise Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, sê hul huwelik is verby. Foto: Martin de Kock/Media24
Bronne na aan die aktrise Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, sê hul huwelik is verby. Foto: Martin de Kock/Media24

Niemand kon die knewel van ’n diamant aan haar ringvinger miskyk nie. Die troupand met sy fyn diamantjies en die kroonjuweel – ’n enorme, vierkantige steen – was immers die teken dat sy en haar droomman ewige trou aan mekaar beloof het. 

Toe dié einste diamantring daarom van die bekende aktrise en TV-aanbieder, Angelique Gerber se linkerhand verdwyn, is daar opnuut gegis dat haar en Jacques Potgieter se huweliksbootjie dalk op die rotse is.

Dit was vyf maande nadat die voormalige Springbokflank verlede Julie in die sosiale media van ’n dwalende oog beskuldig is. En die gegons oor haar afwesige trouring het skaars bedaar, toe kom die vonk in die kruitvat: Eers het die glanspaartjie in die feestyd afsonderlik vakansie gehou. En toe verdwyn haar aangetroude van van haar Instagramblad, nes haar trouring van haar vinger . . . 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in