Opgewekte kinderlaggies weerklink deur die huis toe die voordeur oopbars en drie jong spruite – ’n kannetjie en sy tweelingsussies – die sitkamer binnestorm.
Toe die drietjies hul ma, die aktrise Angelique Potgieter, op die sitkamerbank sien sit, pyl hulle reguit op haar af. Vir eers is dit verby met die stilte wat oomblikke vroeër hier geheers het.
“Kyk!” roep klein Jacques’ie (4) en skiet rubberpyltjies van agter die sitkamerbank na buite – natuurlik tot die ergernis van sy sussies, wat nou om hul ma se ingryping vra.