book-icon Uitgawe 30 Junie 2022

Baba no.3 op pad vir Danny K en vrou – en dié keer is dit ’n dogtertjie!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van ’n pienkvoet tot ’n nuwe onderneming. Die sanger Danny K en sy vrou, Lisa Gundelfinger, het rede om fees te vier. Hier is ’n kykie na die glanspaar se lewe. Foto's: Instagram/@dannykj23 en verskaf
Van ’n pienkvoet tot ’n nuwe onderneming. Die sanger Danny K en sy vrou, Lisa Gundelfinger, het rede om fees te vier. Hier is ’n kykie na die glanspaar se lewe. Foto's: Instagram/@dannykj23 en verskaf

Danny K se prokureur-vrou, Lisa, is tans vier maande swanger met hul eerste dogtertjie. “Ons is meer as opgewonde!” vertel Lisa. Die egpaar het reeds twee seuns, Jayden (7) en Kyle (5). 

“Ons seuns word so vinnig groot en die jare gaan so vinnig verby. Ons kan nie wag om weer ’n babatjie te geniet nie,” sê sy. “Ons was absoluut oortuig daarvan dat dit ’n seuntjie is, so dit was ’n wonderlike verrassing. Ons is beslis gereed om pienk en strikkies by ons gesin te voeg!” 

En wat sê hul seuntjies? “Jayden was eers nie baie beïndruk met die nuus van ’n nuwe toevoeging tot die gesin nie, maar hy is baie opgewonde, en ek het reeds ’n lys met babaname. Kyle het op en af gespring en gesê hy het gewens dis ’n dogtertjie, want daar is te veel seuns in die gesin.”

Sy treffers soos “Hurts So Bad” en “Brown Eyes” het dalk van Danny K ’n ster gemaak en hom destyds al die musiekpryse laat inryg, maar dis sy jongste sake-avontuur wat van hom ’n held in sy seuns se oë gemaak het. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in