Die voormalige Mej. Suid-Afrika is weer swanger nadat sy en Adriaan, ’n oud-Mnr. Suid-Afrika, verlede jaar ’n miskraam beleef het.
Melinda het op Instagram aangekondig dat sy al 17 weke swanger is en dit beskryf as hul “grootste avontuur nóg.”
“Ons harte bars van dankbaarheid en is oorweldig met die Vader se goedheid, genade en getrouheid. Dankie, Jesus!” skryf sy.
“Dankie vir elke persoon wat vir ons gebid het, ingecheckhet en saam met ons vertrou het. “Hy het geantwoord in ’n goddelike en volmaakte wonderwerk.