Hy het gepraat van sy 13-jarige, Kateline, wat die atletiekbaan aan die brand hardloop. Hy was elke keer daar om vir haar te skree en aan te moedig.
Nou is sy plekkie op die pawiljoen vir altyd leeg, so ook sy geliefde “Boomhuis” in Somerset-Wes buite Kaapstad wat die versinnebeelding van sy talent, vernuf en persoonlikheid is.
“Dit is met groot hartseer dat ons jou in kennis stel van die afsterwe van ons stigter, Aleit Swanepoel,” het die Aleit-groep in ’n verklaring laat weet.