Dinsdag het ’n Amerikaanse jurie in Kalifornië bevind die akteur Bill Cosby (84) het ’n minderjarige vrou seksueel aangerand toe hy in sy 30’s was.
Die jurie het bevind dat Cosby vir Judy Huth (64) in 1975 in die Playboy Mansion seksueel aangerand het toe sy ’n tiener was.
Cosby moet $500 000 (sowat R8 miljoen) se skadevergoeding aan Judy betaal nadat sy in die hof gesê het dat die akteur haar en ’n vriendin na die Playboy Mansion genooi het toe sy 16 was. Cosby was toe 37 en het Judy gedwing om ’n seksuele daad uit te voer.
“Dit is so baie, baie jare. Dit was regtig baie lank gelede,” het sy buite die hof ná die beslissing buite die hof aan joernaliste gesê. Sy het gesê sy is verheug ná die beslissing.
Dié hofuitspraak kom ’n jaar nadat Cosby uit die tronk vrygelaat is nadat die hoogste hof in Amerika beslis het die saak van seksuele oortredings moet ’n ander kriminele klag wees.
Die akteur en pa van vyf het nie Dinsdag self in die hof verskyn nie en het die aanklagte teen hom ontken. Sy regspan sal die jurie se beslissing betwis.
Andrew Wyatt, sy regsverteenwoordiger, sê Cosby hou vol hy is onskuldig en sal dié “valse aanklagte” beveg.
Huisgenoot het na die vorige aanklagte en die hofuitspraak gekyk.
Lees dié artikel uit ons argief:
Toe die komediant en akteur Bill Cosby in 2015 in hegtenis geneem en later skuldig bevind is aan die seksuele aanranding van Andrea Constand in sy huis in 2004, het dit talle vroue die hoop gegee dat daar na hul ervarings as slagoffers van mishandeling geluister sal word.
Hy was die eerste beduidende bekende in die #MeToo-era wat skuldig bevind is aan seksuele teistering. Sy inhegtenisneming en die daaropvolgende uitgerekte verhoor het vir vroue ’n platform geskep waar hulle dié wat hulle in hul werkomgewing seksueel mishandel het, se naam in die openbaar bekend kon maak.
Veral Hollywood het gesteier onder die bekendmakings.
Nou is hy op 30 Junie 2021 eensklaps vrygelaat tot verstomming van Hollywood en veral dié wat deel van die #MeToo-beweging is. Dit laat hulle nou ook wonder aan wie se kant die regstelsel nou eintlik is.
"I think this set us back years," Heidi Thomas, who has accused Bill Cosby of sexual assault, says. "I can't imagine anybody wanting to go through all of this if it can be turned over when there's absolutely no legal proof there was ever an agreement." https://t.co/UScE1No8mJ
— MSNBC (@MSNBC) July 1, 2021
Toe talle na vore gekom het om die legendariese Bill Cosby van seksuele aanranding te beskuldig, het dit die wêreld geskud. Hy was immers uiters gewild as die geliefde Amerikaanse pa dr. Cliff Huxtable in die NBC-sitkom The Cosby Show.
Maar op Woensdag 30 Junie 2021 het die hoogste hof in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië sy gevangenisstraf opgeskort en gelas dat hy vrygelaat word.
Daar is bevind dat hy destyds nie beskerming teen self-inkriminasie geniet het nie.
Cosby (83) is in Oktober 2018 op drie klagte van onsedelike aanranding met verswarende omstandighede skuldig bevind. Dit het verband gehou met die bedwelming en die seksuele aanranding van ’n voormalige vriendin, Andrea Constand, in 2004. Sy was destyds die sportadministrateur vir Temple-universiteit.
Cosby is drie tot 10 jaar tronkstraf opgelê waarvan hy nou byna drie jaar uitgedien het.
Andrea Constand, the woman at the center of Bill Cosby's 2018 sexual assault trial, called the Supreme Court of Pennsylvania's decision to overturn the comedian's conviction "disappointing" and "of concern." https://t.co/uohiCZDd0i
— ABC News (@ABC) July 1, 2021
Deur dit alles het sy vrou van die afgelope 57 jaar, Camille (78), by hom gestaan, so ook die aktrise Phylicia Rashad (74), wat sy TV-vrou, Claire Huxtable, in die sitkom The Cosby Show gespeel het.
Phylicia het hom deurentyd ondersteun en sy het baie wind van voor gekry daaroor. Sy het ná sy vrylating in die sosiale media geskryf sy's verlig dat “'n aaklige verkeerde daad nou reggestel is”.
FINALLY!!!! A terrible wrong is being righted- a miscarriage of justice is corrected! pic.twitter.com/NrGUdwr23c
— Phylicia Rashad (@PhyliciaRashad) June 30, 2021
Die aktrise het kort daarna teruggekrabbel en gesê sy ondersteun slagoffers van seksuele geweld wat na vore kom en dat haar twiet op geen manier daarop gemik was om onsensitief teenoor "hul waarheid" te wees nie.
I fully support survivors of sexual assault coming forward. My post was in no way intended to be insensitive to their truth. Personally, I know from friends and family that such abuse has lifelong residual effects. My heartfelt wish is for healing.
— Phylicia Rashad (@PhyliciaRashad) June 30, 2021
Cosby se vorige vrylating spruit nie voort uit sy onskuld aan die misdade nie, maar vanweë ’n tegniese punt. ’n Vorige staatsaanklaer, Bruce L. Castor jr., het in 2005 met Cosby ooreengekom om hom nie van die misdaad aan te kla nie nadat Cosby ’n potensieël inkriminerende verklaring afgelê het tydens Andrea Constand se siviele saak teen hom.
Die rede daarvoor was glo om te verhoed dat Cosby hom op die bekende vyfde wysiging op die Amerikaanse wetsontwerp rondom self-inkriminasie kon beroep wat sou beteken hy hoef nie te getuig in die komende siviele saak teen hom nie.
In 2006 het Cosby wel tydens 'n skikkingsooreenkoms met Andrea 'n bedrag van $3,38 miljoen aan haar betaal.
Tydens Cosby se opspraakwekkende verhoor het 60 vroue na vore gekom met hul ervarings oor hoe die komediant hulle na bewering bedwelm en aangerand het.
Dit was juis sy skuldigbevinding wat die vroue die moed gegee het om teen mans in magsposisies uit te praat.
“It seems as though women, we just really don't count,” Cosby accuser Kathy McKee says after his release. “It’s the money and the power that has Bill Cosby at home right now. He was able to afford to pay all of these attorneys, to work all these years to free him” pic.twitter.com/rw253i1nll
— CNN Newsroom (@CNNnewsroom) July 1, 2021
Cosby self het toe ’n ou foto van homself op Twitter gedeel en daarby geskryf: “Ek het nooit my standpunt of my storie verander nie. Ek het altyd by my onskuld volstaan. Dankie aan al my aanhangers, my ondersteuners en vriende wat my deur hierdie moeilike tyd bygestaan het. En ’n spesiale woord van dank aan die Pennsilvaanse hoër hof wat by die reëls van die wet hou.”
I have never changed my stance nor my story. I have always maintained my innocence.Thank you to all my fans, supporters and friends who stood by me through this ordeal. Special thanks to the Pennsylvania Supreme Court for upholding the rule of law. #BillCosby pic.twitter.com/bxELvJWDe5
— Bill Cosby (@BillCosby) June 30, 2021
Gloria Allred, wat verskeie van Cosby se klaers verteenwoordig het, het tydens ’n Zoom-konferensie Woensdag, 20 Junie 2021, die volgende gesê: “Dit moet verpletterend wees vir talle van die klaers. My hart gaan uit na elkeen wat dapper getuig het in albei van sy kriminele sake.”
Sy het ook gesê dat hierdie ’n belangrike geveg vir geregtigheid was en dat daar in gedagte gehou moet word dat Cosby op grond van ’n tegniese punt vrygelaat is.
"This is absolutely wild," @AriMelber says on Pennsylvania Supreme Court decision to overturn Bill Cosby's conviction. "The Court today is not saying Cosby didn't do it. The Court is saying he reached a deal never to be charged for it."https://t.co/DqJxeyuI7v
— MSNBC (@MSNBC) July 1, 2021
“Dit verskoon nie sy optrede nie en moet nie as 'n verklaring of bevinding gesien word dat hy nie aan die dade deelgeneem het waarvan hy beskuldig word nie.”
Andrea Constand en haar regspan het gesê dat die meerderheidsbeslissing wat tot Cosby se vrylating gelei het, nie net teleurstellend is nie, maar ook onrusbarend omdat dit dié kan ontmoedig wat geregtigheid vir seksuele aanranding nastreef.
Our statement. pic.twitter.com/px4Y5cqYaZ
— Andrea C. she/her/they/them (@ConstandAndrea) June 30, 2021
Bronne: etcanada.com, hollywoodreporter.com, reuters.com, thenewyorktimes.com
- Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!