“Ná ’n groot tydperk van denke en baie werk aan ons verhouding het ons die besluit gemaak om ons huwelik te beëindig,” het Melinda Gates (56) en Bill Gates (65) in ’n gesamentlike verklaring oor hul besluit bekend gemaak.
“Oor die afgelope 27 jaar het ons drie ongelooflike kinders grootgemaak en ’n stigting [Bill Gates and Melinda Gates Foundation] tot stand gebring wat mense reg oor die wêreld in staat stel om ’n gesonde, produktiewe lewe te leef.”
— Bill Gates (@BillGates) May 3, 2021
Die twee beloof om met die stigting se werk voort te gaan, maar sê hulle is van mening dat hulle nie as ’n paartjie in die volgende fase van hul lewe sal kan voortgaan nie. Hulle versoek ook ruimte en privaatheid vir hul gesin met die navigasie van hul nuwe lewe.
Melinda het nou haar nooiensvan weer die lig laat sien en gaan voortaan as Melinda French Gates bekend staan. Nes Bill, is sy nie ’n groentjie in die rekenaarwêreld nie.
Sy was immers in ’n stadium ’n Microsoft-werknemer, die maatskappy wat deur Bill as medestigter tot stand gebring is. Maar haar fokus, buiten die stigting saam met Bill, is Pivotal Ventures, wat deur sy haar eie belangstelling in vrouekwessies koördineer.
Maar wat gaan met al daardie miljoene der miljoene gebeur wat die Gates-paartjie deur die jare saam opgebou het? Terwyl die twee vir privaatheid rondom hul aankondiging vra, is die kanse groter om reeds môre Mars toe te trek as wat dit gaan wees om die gevolg van hul egskeiding uit die openbare oog te hou.
Microsoft maak nou minder as 20% van Bill se netto waarde uit. Die meeste van sy aandele is in die stigting belê, terwyl sy grootste bate Cascade Investment is waardeur hy belange by eiendom, energie, die gasvryheidsbedryf en tientalle openbare maatskappye, waaronder die Kanadese nasionale spoorweg en Deere & Co, het.
In Amerikaanse dollars word hul netto waarde volgens die Bloomberg Billionaires Index op meer as $146 miljard geraam en die wêreld sit gereed om wat waarskynlik die grootste egskeidingsooreenkoms tot op hede sal wees, te volg.
6 van die duurste egskeidings ooit
1. Jeff Bezos en MacKenzie Scott Bezos: 2019
Hulle was 25 jaar getroud. In Januarie 2019 het die paartjie hul egskeiding aangekondig. Jeff (toe 55) was in daardie stadium die rykste man ter wêreld met sowat $137 miljard in sy beursie. Die Amazon-man het 75% van sy maatskappy se aandele behou.
MacKenzie (toe 49) het 25% van Amazon gekry, maar alle belange in The Washington Post opgegee en ook in Jeff se ruimteagentskap Blue Origin.
When Amazon CEO Jeff Bezos and his wife, MacKenzie, split up in 2019, their settlement was $38 billion, making MacKenzie Scott the world's third-wealthiest woman. https://t.co/G6Wlc9uc0C BusinessInsider
— Dr. Joseph Frusci (@JFrusci) May 4, 2021
Sy het met ’n “skrale” $38 miljard uitgestap, twee jaar later met Dan Jewett getrou (’n onderwyser) en toe miljoene aan verskeie organisasies geskenk: $4,1 blljoen aan kosbanke en noodleweringsfondse tydens die covid-pandemie, $1,7 miljard aan rassegelykheid, LGBTQ-regte, openbare gesondheid en klimaatsverandering. En natuurlik – ook Bezos se van afgesweer.
Jeff en MacKenzie het vier kinders: drie seuns en ’n dogter uit China wat hulle aangeneem het.
2. Alec Wildenstein en Jocelyn Wildenstein: 1999
Die Frans-Amerikaanse Alec (toe 59) en Jocelyn (toe 44) se huwelik van 21 jaar het in 1999 op die rotse geloop en dit was die duurste egskeiding in daardie tyd.
Jocelyn, oftewel “The Bride of Wildenstein”, wat lesers ook sal herken as die kosmetiese “wonderwerk” wat haar gesig soos dié van ’n kat laat herskep het, het $2,5 miljard ontvang en vir die volgende 13 jaar $100 miljoen per jaar.
'Catwoman' Jocelyn Wildenstein, 80, teeters on the sand in sky-high heels while attending a polo event in Miami https://t.co/3geAOvRG7T
— Daily Mail Celebrity (@DailyMailCeleb) April 27, 2021
In 2018 het sy om bankrotskap aansoek gedoen toe haar Citibank-rekening ’n balans van $0 gewys het, maar daar’s bevind sy het ’n onbekende bedrag iewers diep weggesteek. Sy het glo nie daarvan geweet nie. Jocelyn, nou 80, is verloof aan modeontwerper Lloyd Klein (54) met wie sy glo al die afgelope 17 jaar ’n verhouding het.
3. Rupert Murdoch en Anna Torv: 1999
Die Australiese mediamagnaat Rupert (toe 67) en sy joernalisvrou, Anna (toe 55), het ná ’n huwelik van 31 jaar halt geroep. Die twee kon skynbaar nie ooreenkom oor Rupert se aftreeplanne nie en in 1998 het hulle op ’n vreedsame egskeiding besluit. Teen ’n koste van $1,7 miljard.
OTD 1999: Media tycoon Rupert Murdoch (68) divorces journalist Anna Torv (55) after 31 years of marriage #90s #1990s #RupertMurdoch #divorce pic.twitter.com/MBW7kgp9SD
— Wow 90s Show (@Wow_90s) June 8, 2017
Sewentien dae ná hul egskeiding in 1999 gefinaliseer is, het Rupert met die Chinees-gebore Amerikaanse fliekvervaardiger Wendi Deng (toe 31) getrou. Hulle is in 2013 geskei. Anna het ook nie op haar laat wag nie en ses maande later het sy met die sakeman en wewenaar William Mann afgehaak.
4. Bernie Ecclestone en Slavica Radic: 2009
In 2009 het die Formule Een-grootkop Bernie Ecclestone (toe 79) se huwelik met die Slawiese model Slavica (toe 51) se brandstof ná 24 jaar opgeraak. Hy was toe $3,1 miljard sterk en het verskeie privaat stralers, ’n luukse jag van 190 voet en ’n chalet in Gstaad (Switserland) besit.
Maar in ’n vreemde kinkel het hy dit eintlik nie besit nie. Dit was als in sy mooi vrou se naam . . .
Toe hy in die laat 1990’s ernstige hartprobleme ondervind het, is al sy bates in Slavica se naam oorgedra. Omdat dit op papier gelyk het asof Slavica die ryker een van die twee is, is sy met die sak patats gelaat en moet sy haar biljoenêr-eks $100 miljoen per jaar betaal.
5. Steve Wynn en Elaine Wynn: 2010
Die Wynn Resorts-voorsitter en kunsversamelaar Steve Wynn (toe 68) en Elaine Wynn (toe 68) het sommer twee keer getrou: 1963 tot 1986 en toe weer 1991 tot 2010.
Elaine Wynn is back in spotlight as billionaire ex-husband Steve Wynn battles harassment allegations https://t.co/5bpO6um62Q pic.twitter.com/JtitBA3h4I
— Bloomberg (@business) January 30, 2018
Maar dit sou hul tweede egskeiding wees wat hulle op die lysie van duurste egskeidings sou laat beland.
Attorneys for Steve Wynn and ex-wife Elaine Wynn, were in court Tuesday afternoon for a lawsuit that has spanned approximately five years. @AdamHerbets explains why.
— FOX5 Las Vegas (@FOX5Vegas) March 28, 2018
> https://t.co/dsS2AXa5mA pic.twitter.com/pBMX6U89Bk
Al wat oor hul tweede egskeiding bekend is, is dat die bedrag op ’n geraamde $1 miljard gestaan het.
6. Adnan Khashoggi en Soraya Khashoggi: 1980
Volgens die top-10-lys van duurste egskeidings beklee Adnan en sy vrou die 7de posisie. Maar gemeet aan wat die geldwaarde in 1980 was, was dit gewis een van die opspraakwekkendste egskeidings ooit.
Hy was ’n wapenhandelaar van Saoedi wat in 1961 op 26-jarige ouderdom met die Britse Sandra Daly getrou het. Sy het haarself tot die Islam-geloof bekeer en haar naam na Soraya verander. Haar naam het glo “die lig wat van die sterre kom” beteken.
Luuks beskryf nie naastenby dié twee se leefstyl nie. Daar was 17 huise, drie vliegtuie en drie seiljagte in hul besit. Frank Sinatra, Elizabeth Taylor, Shirley Bassey, Joan en Jackie Collins, Roger Moore en Michael Kane was hul vriende.
Hulle het in 1978 geskei toe Soraya 37 jaar oud was. Sy het $874 miljoen ontvang. In hedendaagse terme sou dit meer as $2 miljard gewees het.
Bronne: vox.com, news24.com, businessinsider.com, standard.co.uk, pagesix.com, independent.co.uk, telegraph.co.uk, celebritynetworth.com, dailymail.co.uk
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.