Bobby van Jaarsveld 'in die wolke' oor sy hoofrol in ‘Spoorloos: Die eiland’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aanhangers van kykNET se immergewilde dramareeks 'Spoorloos' sal bly wees om te hoor dié reeks is binnekort terug vir nóg ’n seisoen propvol drama, intrige en raaisels.

Boonop is die akteur en sanger Bobby van Jaarsveld in die hoofrol te sien as die avontuurlustige argitek Stefan Claassen. 

Dis Bobby, wat al te sien was in die Afrikaanse flieks Liefling (2010) en As jy sing (2013) se eerste rol in ’n televisiedramareeks. 

Die "Spieëltjie"-sanger vertel aan Huisgenoot hy kon dit aanvanklik nie glo toe hy hoor hy het die rol losgeslaan nie. “Ek was in die wolke, want ek het dit nie verwag nie. Ek het ’n massiewe braai gehou daai aand, ’n klomp pelle genooi en my familie vertel.”

IN STEFAN SE SKOENE

Die akteur en sanger Bobby van Jaarsveld vertolk d
Die akteur en sanger Bobby van Jaarsveld vertolk die rol van Stefan Claassen. Foto: Anthony Horak

Dié seisoen bestaan uit agt episodes en soos met die vorige seisoene, is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal met nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. 

Bobby se karakter se lewe word in chaos gedompel wanneer ’n toevallige ontmoeting met sy langverlore liefde sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam en hom boonop in ’n web van bedrog intrek toe sy vermis raak.

Dit was vir die sanger “besonders” gewees om vir sewe weke lank aan die reeks te verfilm.

“Dit was een van die beste experiences in my lewe gewees. Almal op die stel was besonders, van die regisseurs tot akteurs. Almal het my so baie gehelp en raad gegee. Dit was soos ’n familie op stel – ek het regtig baie gemaklik en geliefd gevoel,” vertel hy. 

Stefan is 'n avontuurlustige argitek in die reeks.
Stefan is 'n avontuurlustige argitek in die reeks. Foto: Anthony Horak

Nóú kan hy nie wag vir sy aanhangers om hom vanaf Julie op die kassie te sien nie. “Ek is baie opgewonde. Ek was vir ’n rukkie stil gewees en met rede. Dis iets wat ek nog nooit gespeel het nie en ek dink my ondersteuners gaan baie hiervan hou,” meen hy. 

DIE MENSE AGTER DIE SKERMS

Ilse van Hemert is weer die hoofskrywer en na-produksievervaardiger van die reeks terwyl die akteur en regisseur Christo Davids in die regisseurstoel sit saam met Francois Coetzee. 

“Ons glo kykers gaan hierdie nuwe Spoorloos net so baie as die voriges geniet. Daar is niks so lekker soos om ’n land te laat wonder en aan die raai te hou nie,” sê Christo. 

"Die storie lê my baie na aan die hart, want ek het grootgeword op ’n eiland in St. Lucia. Ek kan nie wag om te sien hoe die gehoor die raaisels probeer uitpluis nie,” voeg Ilse by. 

  • Spoorloos: Die eiland begin op Dinsdag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees. 
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!


Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees