“Dit was net ek en skoonpa wat geweet het. Sy het altyd gepraat van die Krugerwildtuin. Sy was baie klein toe sy laas daar was. Ek was 11 toe ons daar was,” vertel Willem (31).
“Almal doen altyd ’n see-honeymoon. Ons kon in elk geval nie oorsee gaan met die covid-besigheid nie. Krugerwildtuin in die binneland is waarheen ons toe is,” vertel hy oor sy wittebrood saam met sy vrou, Sanel (24), wat hy sy “Klein Pikkewyn” noem.
Willem en Sanel het in 2019 op die kassie liefde gevind in die 12de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou. Hulle het onlangs in ’n sprokiestroue op Clanwilliam afgehaak.