Die rugbybroers het onlangs groot hartseer beleef. Hul ouma aan moederskant, Sarah Samuels, van die Strand in Kaapstad, is op 8 Julie op die ouderdom van 86 oorlede.
“Sy was deel van baie eerstes. Sy het ons eerste rugbybal gekoop; sy was deel van ons eerste dag op kleuterskool en skool,” vertel Ramone (26). Sy ouma het ’n groot impak gehad het op die gemeenskap, en haar deur was altyd oop vir ander in haar straat, vertel hy.
“Sy kon nie lees of skryf nie, maar sy het geweet wanneer daar ’n drie gedruk is,” vertel Ramone, wat vroeër vir die Stormers uitgedraf het.