Thomas en Elaine het in Augustus bekendgemaak dat hulle in Februarie volgende jaar hul tweede baba – ’n dogtertjie – gaan verwelkom. Die egpaar het in 2018 afgehaak en in Januarie 2021 hul eerstelingseuntjie, Ruben, verwelkom.
Hulle het die blye nuus reeds in April vanjaar uitgevind, vertel Elaine aan Huisgenoot. Elaine het juis klein Ruben (22 maande) ingespan om Thomas te verras met die nuus van die nuwe kleinding.
“Dit was net voor Thomas se 27ste verjaardag en ek was toe vyf weke swanger. Ruben het die stokkie vir sy pappa geneem. Dit was so ’n oulike oomblik, asof Ruben besef het hy kry ’n sussie. Thomas was natuurlik in die wolke,” sê Elaine (26), ’n onderwyser.