Die voormalige Bachelor SA-deelnemer en haar kêrel, die oudrugbyspeler van die Goue Leeus Kobus de Kock, geniet dit om plaaslik te reis en hou veral van ’n safarivakansie.
“Ek is absoluut mal oor die Bosveld, dit maak my siel wakker,” sê Bridget, wat ook haar eie reisagentskap het.
Dit was hul eerste keer by die Simbambili-lodge in die Thornybush-natuurreservaat in die Krugerwildtuin-omgewing.