Charlize Berg: ‘Geloof is groot vir my; dis nie altyd maklik’

akkreditasie
Die sangeres Charlize Berg. Foto: Verskaf.
Die sangeres Charlize Berg. Foto: Verskaf.
Die sangeres Charlize Berg sien daarna uit om vanjaar Kersfees by haar ouerhuis deur te bring saam met haar ouers, Ilse en Petrus, haar man, Warren Linden, en hul dogtertjie, Aleiah-Rose.

Charlize (27) het 'n tweelingbroer, Jaco, wat ook sing, en 'n jonger broer, Markus.

"Ons lees die Bybel saam en maak saam geskenke oop. Ek sien daarna uit om tyd saam met my aanstaande skoonsussie deur te bring," vertel sy.

Die sangeres glo Kersfees is ’n tyd waar 'n mens die gees om vir ander mense te gee, moet aanmoedig.

“Ek is ’n firm believer in geskenke gee, vir almal. Volwassenes, jong kinders, ek dink almal verdien groot geskenke," vertel die sangeres van liedjies soos "As jy weet dis liefde" en "Wit rok".

"My dogtertjie is nou 19 maande oud; dus begin sy nou verstaan wat in hierdie tyd gebeur. Sy is ook haar ouma-hulle se enigste kleinkind en word met geskenke bederf."

Charlize vertel ook sy geniet dit net om by die huis te wees en haar ma se kos te kan geniet, maar soms is ietsie anders as die gewone ook lekker vir haar.

“Een van my gunstelingplekke om die vakansie deur te bring, was op Ballito in KwaZulu-Natal.

“Ons ry ook ná Kersfees Kaapstad toe om Nuwejaar daar saam met ons beste vriende te vier. Dis lekker om so 'n bietjie ’n ander atmosfeer te ervaar,” sê sy.

Charlize en haar man, Warren, het in April 2017 afgehaak.

Geloof is vir haar belangrik. In 2019 het sy geleer dat 'n mens soms maar net moet aanhou en moed hou.

“Geloof is groot vir my en dis nie altyd maklik nie. Moederskap bring sy eie lesse en dit bly maar dieselfde, maar lesse kry nuwe betekenis,” sê Charlize.

Vir 2020 sien sy daarna uit om nuwe dinge te beproef, vertel sy. Daar is baie dinge in die pyplyn en sy sien uit na nuwe reise en om nuwe musiek te maak.

“Ek wens ook dat my dogtertjie net geluk en gesondheid sal hê en dat kinders altyd hul drome sal kan najaag.”

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees