“’n Naam is ’n verskriklike groot ding in ’n mens se lewe,” vertel Charlize aan Huisgenoot. “Dit was nogal ’n moeilike proses om vir hom ’n naam te kies, en dit het definitief nie oornag gebeur nie,” vertel sy.
Hul tweede spruit, wat op 19 April sy afwagting sal maak, gaan Kailer-Noah John Linden heet. Die paartjie het reeds 'n tweejarige dogtertjie, Aleiah-Rose.
Charlize en Warren was al “uitge-Google en uitge-Pinterest” toe Charlize se ma ’n klomp name vir oorweging deurgestuur het.