Baie lande se nasionale skoonheidswedstryde is vanjaar óf gekanselleer of uitgestel. In Suid-Afrika is die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, wat aanvanklik na verwagting in Augustus sou plaasvind, uitgestel na Oktober.
Die wenner van die Mej SA-kompetisie sal op 24 Oktober by 'n spoghotel in Kaapstad gekroon word. Dit sal ook die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis wees dat die wenner in die Moederstad aangewys word.
Die top-drie finaliste sou Suid-Afrika onderskeidelik by die Mej. Heelal-, Mej. Wêreld- en Mej. Supranational-kompetisie, wat ook ’n internasionale skoonheidskompetisie is, verteenwoordig.