Die Kapenaar Julian Hurley (25) het eers sy lyf model en grafiese kunstenaar gehou voor hy in 2017 sy debuut op die kassie gemaak het as Titus Jr. Tesselaar in die jeugreeks Danz! op kykNET & kie – en dit sonder enige formele toneelopleiding.
Die reeks gaan oor ’n dansskool in Woodstock, Kaapstad. Dis ’n toevlugsoord vir jong mense wat van hul omstandighede wil wegkom en hul drome wil uitleef.
“Dit was ’n ongelooflike ervaring om iemand anders te wees, veral omdat ek en my karakter die teenoorgestelde van mekaar is. Hy is ’n boelie en kil weens sy verhouding met sy pa,” gesels Julian, wat in Vishoek in Kaapstad woon.