Kinders: Blue Ivy (10) en die tweeling Rumi en Sir (5)
Toe die 52-jarige rapper en sy 10-jarige dogter saam by die NBA-eindstryd in San Francisco verskyn, het hulle die koppe laat draai.
En nie net omdat die meisie in die ewebeeld van haar beroemde ma, Beyonce´ (40), ontpop het nie – maar ook danksy die duidelik hegte band tussen haar en haar pa, geweerspieël in hul eenderse swart uitrustings en gebare.