Sy wéét wat dit vat om ’n sangkompetisie te wen. Demi Lee Moore was immers die eerste wenner van Die kontrak. En nou keer sy terug – dié keer as mentor, wat hoop om iemand anders se drome van ’n sangloopbaan waar te maak.
“Ek dink een van my kandidate het ’n sterk kans om as wenner van Die kontrak 3 gekroon te word,” het Demi Lee vroeër die week op die bekendstelling van die derde seisoen gesê. “Daar is soveel waarmee ons nog kan werk en ontgin.”
Die ander mentors is Monique Steyn, Refentse en Tarryn Lamb.