Sy voeg by dat sy net jammer voel vir hierdie mense, want “wie los negatiewe kommentaar op iemand se profiel op die internet?”
In ’n onderhoud met Ellen Degeneres het Demi erken dat sy deesdae doelbewus meer swemkostuum-foto’s aanlyn gedeel het. “Ek wil vir my aanhangers wys dat dit moontlik vir hulle is om ook by daardie self-liefde uit te kom,” het sy gesê.
“Ek het die mag van negatiewe kommentaar en galbrakers weggevat deur bloot net nie vir hulle te luister nie.”