book-icon Uitgawe 10 Oktober 2019

Demi Moore lap intieme detail uit oor Ashton Kutcher-huwelik

akkreditasie
Demi Moore. Foto: Gallo Images/Getty Images
Demi Moore. Foto: Gallo Images/Getty Images

Nog vóór die bekendstelling van die boek het uittreksels met inligting oor Demi Moore se huwelik van agt jaar met Ashton Kutcher (41) die rondte gedoen. 

Nou het die 56-jarige aktrise die aap uit die mou gelaat oor wat werklik agter die skerms tuis gebeur het.

Demi beweer sy het gevoel Ashton moedig haar aan om weer te begin drink nadat sy 20 jaar nugter was. 

“Ashton het ’n glas goeie rooiwyn geniet toe hy sê: ‘Ek weet nie of alkoholisme werklik bestaan nie – ek dink dit gaan alles oor matigheid.’ Ek wou daardie meisie wees: die meisie wat met aandete ’n glas wyn kon drink of op ’n partytjie ’n sopie tequila wegsluk. Na my mening wou Ashton dit ook hê.” 

Sy bespreek haar destydse stryd teen alkoholisme en vertel Ashton het haar verneder deur haar af te neem terwyl sy dronk was. 

“Dit was verwarrend. Ashton het my aangemoedig om dié rigting in te slaan. Maar toe ek te ver gaan, het hy my laat weet hoe hy voel deur ’n foto te wys wat hy die vorige aand van my geneem het waar ek met my kop op die toilet rus...Dit het destyds soos ’n goedbedoelde grap gelyk, maar dit was eintlik net vernedering.”

Nog iets waarvoor hy glo geskimp het, was groeps­woep­se in die huwelik. 

“Ek het hom eerste gestel. Toe hy sy fantasie met my deel om ’n derde mens in ons bed te hê, het ek nie nee gesê nie. Ek wou vir hom wys hoe wonderlik en prettig ek kon wees,” skryf sy.

Die aktrise sê sy het haarself blameer toe hy haar eindelik verkul het – en dat sy deur ’n Google Alert van die kullery uitgevind het. 

“Omdat ons ’n derde party in ons verhouding ingebring het, het Ashton gereken dit het die grense vervaag en in ’n mate geregverdig wat hy gedoen het.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees