Denise Richards ‘verbyster’ ná hof beslis Charlie Sheen hoef nie onderhoud te betaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
’n Hof in Los Angeles het onlangs beslis Charlie Sheen hoef nie meer vir sy eksvrou Denise Richards onderhoud vir hul twee dogters te betaal nie.

’n Regter het die akteur se kinderonderhoud na “nul dollar per maand” aangepas noudat die voormalige paartjie se 17-jarige dogter, Sami, by hom woon.

Dit kom nadat Charlie (56) in Desember 2019 ’n versoek gerig het dat die kindertoelaag-ooreenkoms gewysig word.

“Ek dink wat vandag gebeur het, is ongelooflik regverdig,” het die ster van die televisiereeks Anger Management ná die beslissing gesê. “Dit spreek nie net tot vandag nie, maar ook op historiese vlak.”

Denise (50), wat buite die staat van Kalifornië was vir werk, was nie teenwoordig tydens die hofbeslissing nie en is nooit oor die hofdatum ingelig het nie, vertel iemand in haar binnekring.

Charlie het vir Denise, wat in The Real Housewives of Beverly Hills verskyn, verbyster, sê die bron.

“Charlie het die versoek twee jaar gelede ingedien en die heeltyd die hofdatum uitgestel, en daarom was Denise verbaas toe dit gister gebeur terwyl sy uitstedig was en besig met verfilming.

LONDON, UNITED KINGDOM - APRIL 10: Charlie Sheen s
Die Amerikaanse akteur Charlie Sheen. Foto: Getty Images/ Gallo Images

“Sy was verbyster. En nou manipuleer hy die situasie,” beweer die bron.

Charlie se prokureur, Gregory Pedrick, het in die hof gesê sy kliënt het reeds volle toesig oor hul dogters Sami en Lola (16) sedert April en behoort nie kinderonderhoud te betaal nie.

Maar ’n bron na aan Denise beweer Lola woon slegs by Charlie wanneer Denise uitstedig is en besig is om te verfilm.

“Lola bly nie by Charlie nie. Sy woon by albei haar ouers en bly by Charlie wanneer Denise uitstedig is. Wanneer Denise terug is, sal Lola saam met haar wees.

“Dis teleurstellend vir Denise, maar ook nie verbasend nie. Charlie draai die meisies teen hul ma en dis aaklig,” het die bron aan die tydskrif People gesê en bygevoeg Charlie het vier jaar laas kinderonderhoud betaal.

Gregory het egter in die hof beweer die Golden Globe-wenner het maandeliks vir Denise meer betaal en het R18 miljoen vir hul dogters betaal nadat hy eerste versoek in 2019 ingedien het.

MADRID, SPAIN - OCTOBER 26: US actress Denise Rich
Die Amerikaanse aktrise Denise Richards. Foto: Getty Images. Gallo Images

Die hofbeslissing kom ’n maand nadat Sami op TikTok beweer het om saam met Denise en haar stiefpa, Aaron Phypers (48), te woon was hel.

“Vandag een jaar gelede: Vasgekeer in ’n huishouding waar ek mishandel is, myself gehaat, dae lank nie geëet of geslaap nie, ongelooflik depressief, skool gehaat, ensovoorts,” het sy in haar video gesê.

Maar ’n bron na aan Denise sê Sami wou nie haar ma se huisreëls volg nie.

“Charlie het nie die implementering van Denise se reëls ondersteun nie. Hy het ’n ander ouerskapstyl en Sami het besluit om by haar pa te gaan woon,” sê die bron.

“Denise het Sami baie lief en Sami het haar lief. Die hele situasie is vir Denise hartseer. Sy is ’n ma wat haar kinders wil beskerm. Hulle het struktuur en reëls nodig en Charlie is toegeeflik. Denise wil net die beste vir hulle hê.”

Charlie se huwelik met Denise was sy tweede. Hy het die eerste keer in 1995 met die model Donna Peele (nou 51) getrou, maar hulle is ’n jaar later uitmekaar. Sy huwelik met Denise het vanaf 2002 tot 2006 geduur.

Hy het daarna in 2008 met die aktrise Brooke Mueller (44) getrou en hulle het tweelingseuns, Max en Bob (12) gehad voor hul paadjies in 2011 geskei het. Hy het ook ’n volwasse dogter, Cassandra Estevez (34), wie se ma, Paula Profit (56), sy hoërskoolliefde was.

Denise het haar jongste dogter, Eloise (10), in 2011 aangeneem en in 2018 getrou met Aaron, wat ’n lig-en-klank-terapiesentrum bestuur.

BRONNE: Daily Mail, US Weekly, People, Page Six
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees