book-icon Uitgawe 24 Februarie 2022

Derick en Nádine se liefde opnuut in stormsee: Kan hul verhouding hou?

akkreditasie
FB
FB

Vir hom was sy die borrelende donkerkop wat hom weer leer lag het; wat hom rotsvas deur die klappe van die lewe bygestaan het. En vir haar was hy nie die eens beroemde Liefling van Loftus nie; hy was net Dirkie. ’n Gefolterde man, ja, maar in wie sy steeds die rugbyheld kon sien op wie sy haar hart verloor het.

Almal wou glo Derick Hougaard se verhouding met die sangeres Nádine sou vir hom die reënboog aan die einde van sy stormjare wees, ’n nuwe begin ná sy mislukte huwelik met die sangeres Karlien van Jaarsveld en sy stryd teen depressie en ’n pil- en drankverslawing. Maar toe, kort voor middernag op Vrydag 11 Februarie, verskyn die woorde soos ’n kriptiese grafskrif op Nádine se Facebook-blad: “Vier jaar. Ses maande. 20 dae. Dis verby. Finaal.”

Dit het aanhangers laat regop sit. Het die einde van die glanspaartjie se verhouding dan aangebreek? Kort daarna het die inskrywing eensklaps verdwyn, maar toe was die tonge al aan die klap oor die jongste storm wat dreig om Derick en Nádine se liefdesbootjie te kelder.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in