Dié bekendes het almal in 2021 babas verwelkom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Talle plaaslike glanspersoonlikhede het vanjaar die lewe geskenk. Huisgenoot het gaan kyk na die babas wat ouerharte vermurwe.

Die sangeres Caroline-Grace Brüssow (34) en haar rugbyspelerman, Heinrich (34), se tweede kind het hulle 'n bietjie vroeg verras, maar Caroline-Grace het haar tassie gereed gehad.

Klein Iza Grace moes haar opwagting eers op 8 Maart maak, maar sy het al einde Februarie haar verskyning gemaak. 

Caroline-Grace het darem vroegtydig haar sakke reggekry omdat haar en Heinrich se eersteling, Marcel-Werner (1), sy opwagting op 38 weke gemaak het. 

En Iza Grace aard na haar boetie. Sy het ook haar opwagting op 38 weke gemaak. 

Lees hier meer.

Die sangeres Charlize Berg (29) het haar kleinding, Kailer-Noah, op 19 April verwelkom. 

Sy sê dit was vir haar ’n kosbare tyd en verklap Kailer is nes haar dogtertjie, Aleiah-Rose (3), deur middel van ’n keisersnee gebore. 

Charlize sê sy is met 'n rugtoestand gebore en kon nie spinale verdowing kry nie en moes heeltemal onder verdowing geplaas word met Kailer se geboorte. 

Lees hier meer.

Die aktrise Hanna Grobler en haar sangerman Bok van Blerk (Louis Pepler) het hul derde bokkie in September gehad. 

Hanna het bekend gemaak dat sy ’n seldsame swangerskapstoestand gekry het, hoewel haar en Bok se dogtertjie Papillon Anna Pepler haar grootste geskenk is. 

Dié kleinding is op 37 weke gebore omdat daar ’n bekommernis was omdat sy so stadig gewig aansit. En terwyl klein Papillon gesukkel het, het die dokters besef iets is met Hanna fout toe haar spinale verdowning nie werk nie. 

Die dokters het vasgestel Hanna het placenta increta, ’n toestand waar die plasenta aan die baarmoeder heg en in die spierwand van die orgaan ingebed word. 

Terwyl Papillon in Bok se arms was, het die dokters vir Hanna se lewe geveg. 

Lees hier meer.

Die sangerpaar Ricus Nel (41) en Liza Brönner (31) het hul tweede kind in Augustus verwelkom. 

Ricus het toe vertel hoe vinnig hul dogtertjie, Lisa-Bella, gebore is. 

Liza is op 19 Augustus by die teater ingeneem en Lisa-Bella is 15 minute later gebore. 

Ricus vertel dit was ’n baie spesiale ervaring en het verklap dat Liza ná die geboorte ’n traan gepink het. 

Die egpaar was ná die geboorte baie opgewonde om hul pienkvoet aan hul tweejarige seuntjie, David, voor te stel. 

Lees hier meer.

Die aktrise Simoné Nortmann Pretorius en haar man, Andries, het ook hul eersteling vanjaar verwelkom. 

Simoné het in Mei ’n foto van haar dogterjie, Harper Pretorius, gedeel waar dié kleinding se gesiggie nie gesien kan word nie. Sy het die nuus gedeel dat haar eersteling gebore is. 

Simoné het verklap sy het ’n wonderlike swangerskap gehad en dat sy nie veel gehad het om oor te kla nie. 

Sy het wel gebieg haar klere het elke drie weke nie meer gepas nie.

Lees hier meer. 


Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees